ONDERSTEUN

FISIESE BEHOEFTES

By Kragbron glo ons dat daar in 'n leerder se basiese behoeftes voorsien moet word - voordat enige ontwikkeling suksesvol kan plaasvind. Ons maak voorsiening vir leerders wat middagetes tydens pouse benodig in die vorm van toebroodjies en ander versnaperinge. Ons het ook 'n klerewinkel waar goeie kwaliteit tweedehandse skoolklere beskikbaar is vir diegene wat dit nie kan bekostig nie. Ons is trots daarop om leerders met soveel as moontlik te kan voorsien. Leerders ontvang 'n skryfbehoeftepakket wat van die werkboeke insluit soos wat benodig word aan die begin van elke jaar.

SPESIALE BEHOEFDES

By Kragbron akkommodeer ons leerders met spesiale behoeftes. Vir leerders wat hindernisse in leer ervaar, is daar prosedures om die ekstra hulp te verleen deur middel van remediërende onderrig. Veral vir diegene wat sukkel met lees en skryf (Tale) en Wiskunde. Mnr. Abie Smit, 'n opvoedkundige sielkundige, toets leerders (Check singular/plural in English - tests) met problematiese leer hindernisse en gedragsprobleme en gee dan raad oor remediërende oplossings. Toegewings is in plek vir leerders wat sukkel tydens eksamens. Die skool werk ook saam met me. Zelda Kleynhans, 'n berader, wat leerders emosioneel ondersteun wanneer nodig na ouer-onderwyser konsultasie.

FINANSIËLE HULP

Kragbron is trots op die bekostigbaarheid van klasgelde vir kwaliteit onderwys. Daarom is die betaling van klasgeld verpligtend. Hierdie fooie word jaarliks deur die Skoolbeheerliggaam hersien.

Beurstoekennings is egter beskikbaar vir ouers of voogde wat nie skool fondse kan betaal nie. Hulle kan aansoek doen vir vrystelling of gedeeltelike betalingsvermindering. Sulke aansoeke word nie noodwendig toegestaan nie, maar sal volgens die voorgeskrewe formule oorweeg word gebaseer op 'n glyskaal wat die maandelikse inkomste sowel as die aantal afhanklikes insluit. Ouers is egter steeds verantwoordelik vir die uitstaande bedrag, totdat hulle van alternatiewe reëlings in kennis gestel is.

© Laerskool Kragbron

Afrikaans