Laerskool Kragbron is 'n parallel medium skool wat sy ontstaan in 1931 gehad het. Hierdie spogskool is geleë in Witbank/Emalahleni met ongeveer 1 350 leerders. Die skool staan rotsvas op die drie pilare van opvoeding – Akademie, Sport en Kultuur – wat aan elke Kraggie die balans van standvastige lewenswaardes onder die voete lê. Ons kinders is die leiers van die toekoms. Ons skep ‘n veilige en geborge leeromgewing waar elkeen tot sy/haar volle reg vergestalt.
Die personeel van Laerskool Kragbron is by uitstek ‘n korps wat die toonbeeld van uitnemendheid openbaar. Geen opvoedingstaak word onaangeraak gelaat en ons poog om kwaliteit onderwys aan elke leerder te bied. As vennote in die onderwys en opvoeding van ons kinders, is ouerbetrokkenheid vir ons baie belangrik. Die skool word ondersteun deur 'n kundige Beheerliggaam en Ouer-Onderwysers Vereniging.
Laerskool Kragbron is ‘n goed gebalanseerde skool met kern waardes waarby personeel en ouergemeenskap aanvullend en verantwoordelik tot mekaar staan om kinders in ‘n geborge atmosfeer te laat “BLOM”.