GESKIEDENIS

BETEKENIS VAN DIE SKOOLWAPEN

Die skild

Rat en Water koeltoring: Dui op die industrieë en krag stasies, rug aan rug, in die omgewing van Emalahleni. Deel van die ekonomiese groei van die area in die vroeë 1900’s.

Goue driehoek: Dui op die ryke grond in die omgewing waarop mielielande van horison tot horison strek.

Swart band: Dui op die steenkool riwwe wat welig onder die aarde lê in die Nkangala distrik.

2 Linte bo en onder die skild:

Die boonste lint met die naam LAERSKOOL KRAGBRON.

Die onderste lint met die Skool se leuse KRAG IN EENHEID.

  • 1930

    Vir ongeveer die eerste 30 jaar van die bestaan van die skool, was die skool bekend as die Witbank Afrikaansmediumskool. Met die opening van die skool op 24 Januarie 1930 is 234 leerders ingeskryf. Vir 21 jaar en 6 maande was Mnr. Willie de Klerk hoof van die skool.

  • 1951 – 1956

    Mnr. M.T. Meij word hoof.

  • 1957 – 1963

    Mnr. J.T. Naude word hoof.

  • 1964

    Mnr. S.J. v.d. Walt word hoof.

  • 1967

    Die nuwe skoolgebou van Laerskool Kragbron in Rose Innesstraat word in gebruik geneem.

  • 3 Mei 1967

    Met die amptelike ingebruikneming van die nuwe skoolgebou praat Mnr. A.J. Koen (destydse Direkteur van Onderwys) van die skool as “kragbron’ in ons lewens en die volkslewe!

  • 27 June 1967

    Die skoolsaal word in gebruik geneem met die opvoering van “Die goeie jaar” deur WATS.

  • Desember 1968

    Tenders word aangevra vir die ontwikkeling van sportvelde – die skool het gesukkel om sport te beoefen a.g.v. die ruwe onontwikkelde terrein. ‘n Tender van R37 000.00 word aanvaar.

  • Maart 1969

    ‘n Aanvang met die gelykmaak van die terrein en uitlê van die sportvelde word geneem.

  • 1972

    Die sier ingang by die hoofhek word gebou. Dit is ontwerp deur Mnr. Pieter Greyling, ‘n onderwyser van die skool.

  • 28 Januarie 1974

    Die skool rou met die dood van Mnr. S.J. van der Walt vroeg die oggend voor skool opening.

  • Januarie 1975

    Mnr. A.L. Pretorius word as hoof aangestel.

  • Junie 1976

    Die fondasie vir die bou van buitegeboue, die verkoopslokale en ‘n garage vir die kombi en trekker word gegooi.

  • Junie 1980

    Mnr. J.L. Pretorius work aangestel as die 6de hoof van die skool.

  • 10 September 1981

    Swaar sneeu val in Witbank. Die grasperke en rugbyvelde is bedek met ‘n dik lag sneeu.

  • 20 April 1982

    Mnr. J.A.M. Dirker begin sy termyn as hoof van die skool. Onder sy leiding presteer die skool op akademiese, kulturele- en sport vlakke. Die skoolterrein en sportvelde word verder ontwikkel, tuine word aangelê en veral baie inheemse bome word aangeplant.

  • 1985

    Die paviljoen word by die A-sportveld gebou.

  • 1994

    Die administratiewe kantoor word vergroot en Mnr. Dirker kry ‘n mooi groot kantoor, geskik vir vergaderings

  • 1995

    Ons begin met Uitkomsgebaseerde onderrig (Kurrikulum 2005) vir Gr1. Die skool is een van die projek skole in Mpumalanga vir die Nasionale Onderwysdepartement.

  • Januarie 1996

    Die lapa word gebou en word sedertdien gereeld gebruik vir funksies, vergaderings en sportbyeenkomste.

  • 1997

    Ons begin met Gr R-klasse vir leerders van voorskoolse ouderdom.

  • Augustus 2005

    Mnr. Dirker vier sy 60ste verjaarsdag.

  • November 2005

    Die groot uitheemse bome word afgekap en afdakke word opgesit vir parkering.

  • 2006

    Kragbron vier sy 75-jarige bestaan met verskeie aktiwiteite.

  • 13 October 2006

    Mnr. Bertus Venter, voorsitter van die Beheerliggaam, kondig aan dat Mnr. Dirker aan die einde van 2006 as hoof aftree. Mnr. Dirker was vir 24 jaar verbonde aan Kragbron.

  • October 2006

    Die skool spog tans met 170 leerders in Gr. R. en 1011 leerders vanaf Gr 1-7.

  • Maart 2020

    COVID-19: ‘n Wêreldwye pandemie word aangekondig weens die SARS COVID-19 virus. Suid-Afrika gaan ‘n grendel tydperk in. Skole is gesluit vanaf 18 Maart tot einde Junie. Verdere skool sluitings volg sporadies tot Augustus 2020.

  • 2020

    COVID-19: Grendel tydperk: Skool gaan voort met werk wat per WhatsApp aan leerders gestuur word.

  • 2021

    Die skool vier sy 90e bestaansjaar.

  • October 2021

    Skool sport en kultuur items hervat na COVID.

  • April 2022

    Die nuwe skoolwapen en briefhoof word in gebruik geneem.

  • Mei 2022

    Die eerste Kragbron Fees word aangebied. Dit was ‘n reuse sukses.

  • Junie 2022

    COVID-19: Die dra van gesigsmaskers is nie meer ‘n vereiste in die klaskamers nie. Maskers was ‘n vereiste vandat die skool in Augustus 2020 heropen het!

KRAGBRON GROEI STEEDS EN GAAN VAN KRAG TOT KRAG!

© Laerskool Kragbron

Afrikaans