AKADEMIE

Dit is ons beleid om aan elke leerder die geleentheid te bied om volgens hul potensiaal te presteer. Daar word verwag dat ons leerders gereeld studeer en hul huiswerk en ander take ywerig doen.

Ons primêre doelwit is 'n honderd persent slaagsyfer aan die einde van die skooljaar. Uitnemendheid word beloon met kentekens, sertifikate en erekleure by 'n prysuitdeling aan die einde van die jaar.

Ons top 10 akademiese presteerders per graad vir ons intermediêre fase word kwartaalliks aangekondig nadat leerders hul verslae ontvang het.

© Laerskool Kragbron

Afrikaans